Op 18 Junie 2024 het sound effects free download
14 Downloads
2 months ago
0 seconds
About Op 18 Junie 2024 het Mp3 Sound Effect
Op 18 Junie 2024 het die wêreld stilgestaan vir een familie. Klein Juván, skaars ’n paar maande oud, is met rotavirus gediagnoseer. Wat vir ander dalk ’n kort siekbed sou wees, het vir Juván ’n marathon van oorlewing geword. Die eerste 21 dae is hy in George Medi Clinic deur ’n Pediatriese Dokter wat elke moontlike opsie ondersoek het. Maar toe kom die moeilike gesprek: > “Ons het alles hier probeer. Dis tyd vir spesialis hulp.” En so begin die reis na Panorama Medi Clinic onder die sorg van Dr S. Strobele – ’n pediatriese gastroenteroloog met ’n hart van goud. Dr Strobele het hom nie net as ’n pasiënt gesien nie, maar as ’n klein seuntjie met ’n geveg wat verdien om gewen te word. Sy het vir maande lank alles moontlik getoets – van genetiese toetse, whole exome sequencing tot immunologie. En amper presies ’n jaar later… het ons antwoorde begin kry. Juván is uiteindelik gediagnoseer met Autoimmuun Enteropatie (AIE) – ’n ongelooflik skaars, chroniese en komplekse toestand waar die liggaam se eie immuunstelsel die dunderm aanval. Dit lei tot ernstige diarree, swak opname van voedingstowwe en verskeie komplikasies. Behandeling behels die onderdrukking van die immuunstelsel met steroïede en spesifieke immunomodulerende middels. Dit is ’n siekte wat só skaars is dat min mense dit ken – en selfs minder dit regtig verstaan. Maar met die diagnose het iets verander: Hoop het vorm aangeneem. Antwoorde het rigting gebring. En moontlikhede vir behandeling het begin oopgaan. Juván moes intussen elke dag veg soos ’n ware vegter. Sy lyfie kon nie voeding opneem nie, en hy was afhanklik van TPN (binneaarse voeding) om te oorleef. Die eerste positiewe teken was die Neocate-formule, wat sy diarree verbeter het – ’n klein vonk van hoop in ’n donker tyd. Maar dit was nog lank nie genoeg nie. Ons is gewaarsku: hy mag dalk nooit oraal kan eet nie. En hoewel ’n dermoorplanting oorweeg is, is dit ’n uiters gespesialiseerde prosedure, wat selde in jong kinders wêreldwyd uitgevoer word, nie tans in Suid-Afrika beskikbaar is nie, en wat met ’n hoë risiko van komplikasies gepaardgaan. Maar ons het gekies om nie op te gee nie. In November 2024, ná 6 maande in die hospitaal, is Juván uiteindelik ontslaan. Met die hulp van Discovery – en veral makelaar Marius de Waal – is hy toegerus met alles wat nodig is vir tuisversorging: toerusting, verpleegpersoneel en ’n mamma wat elke dag langs sy bed gewaak het. Maar daar was steeds terugslae: Lae bloedplaatjies. Infeksies. En op 8 Mei 2025 het Juván per ongeluk sy Broviac-lyn uitgetrek – sy lewenslyn vir voeding. Wat gevolg het, was ’n maand van mislukte pogings om ’n nuwe lyn te plaas – totdat hulle uiteindelik ’n CVP-lyn in sy lies kon sit. Nie ideaal nie, maar lewensnoodsaaklik. En toe tref die storm – 8 Junie 2025: Nierversaking. Sepsis. Metaboliese asidose. Respiratoriese arrest. Kardiale arrest. Die mediese span het vir 20 minute lank gereanimeer. Ons was op die rand. Op 9 Junie is ons gevra om hom te groet. Mamma het gehuil, gebid, gesmeek… en toe vir haar seuntjie saggies gesê: > “As jy nie meer kan nie, sal mamma verstaan. Maar as jy kan baklei – sal mamma saam baklei.” En toe… ’n wonderwerk: Juván het begin piepie. Daardie enkele teken het gewys dat sy metaboliese balans begin herstel. Hoop het teruggevloei soos lig in ’n donker kamer. Familie wat gekom het om totsiens te sê, het bly sit – want daar was nou weer iets om voor te glo. Vandag, meer as ’n week later, leef Juván. Hy herstel. Sy diagnose bring rigting. Sy lewe bring inspirasie. Sy storie bring lig. Ons weet die pad vorentoe is lank: Ons bid vir suksesvolle plasing van ’n nuwe Broviac of Port, vir veilige onttrekking van die ventilator ondanks die vernouing in sy lugpyp, en vir herstel van nierskade na nierstene. Maar een ding is seker: > Juván is ’n wonderwerk. Hy is ’n vegter. Hy is die rede vir hoop. En sy Miracle Mission is nog lank nie klaar nie. Dankie aan elkeen wat saam met ons bid, glo, deel en ondersteun. Die Here hoor, en Hy is besig om iets besonders te doen.Op 18 Junie 2024 Het Sound Effects Free Download. Sound Effects Downloader To Help You Download The Highest Quality Op 18 Junie 2024 Het Sound Effects Free Download For TikTok Videos. You Just Search Sound Effects And Download.